TED Talks with Afrikaans transcript

Yasin Kakande: Wat ontbreek in die wêreldwye debat oor vlugtelinge

TED2018

Yasin Kakande: Wat ontbreek in die wêreldwye debat oor vlugtelinge
1,098,895 views

In die aaneenlopende debat oor vlugteling hoor ons van almal -- van politici wat strenger grensbeheer belowe tot burgers wat vrees vir hul werke -- almal behalwe die migrante self. Hoekom kom hulle? Joernalis en TED Fellow Yasin Kakande verduidelik wat hom en vele ander aangespoor het om uit hul tuislande te vlug, om nadruk te lê op ’n oper bespreking en ’n nuwe perspektief. Die mensdom se verhaal, waaraan hy ons herinner, is ’n verhaal van migrasie: "Daar is geen beperking wat so streng is, dat dit die migrasie kan stop wat die geskiedenis van die mens bepaal het nie," sê hy.

OluTimehin Adegbeye: Wie hoort in ’n stad?

TEDGlobal 2017

OluTimehin Adegbeye: Wie hoort in ’n stad?
2,446,928 views

Wanneer regerings megastede skep, word arm mense dikwels eerste verdring. In hierdie treffende en poëtiese praatjie beskryf OluTimehin Adegbeye hoe ongrondwetlike grondrowery wat deur die regering van stapel gestuur is die lewens van duisende inwoners van kusgemeenskappe in Lagos, Nigerië verwoes om plek te maak vir ’n "nuwe Dubai." Sy noop ons om ons regerings en onsself aanspreeklik te hou vir die bewaring van stede wat veilig vir almal is. "Die enigste stede wat die moeite werd is om te bou, voorwaar die enigste toekomste wat die moeite werd is om van te droom, is dié wat ons almal insluit, ongeag wie ons is of hoe ons tuistes vir onsself skep," sê Adegbeye.

David Burkus: Hoekom jy behoort te weet wat jou medewerkers betaal word

TEDxUniversityofNevada

David Burkus: Hoekom jy behoort te weet wat jou medewerkers betaal word
2,056,498 views

Hoeveel word jy betaal? Hoe vergelyk dit met die mense saam met wie jy werk? Jy behoort te weet en hulle ook. So sê bestuursnavorser David Burkus. In hierdie praatjie bevraagteken Burkus ons kulturele aannames oor die geheimhouding van salarisse en voer oortuigende redes aan vir hoekom dit werknemers, organisasies en die samelewing kan bevoordeel om salarisse bekend te maak.

Steve Silberman: Die vergete geskiedenis van outisme

TED2015

Steve Silberman: Die vergete geskiedenis van outisme
1,699,224 views

Dekades gelede was daar net 'n paar pediaters wat al van outisme gehoor het. In 1975 is daar beraam dat 1 in 5000 kinders dit het. Vandag is 1 uit elke 68 op die outismespektrum. Wat het hierdie groot styging veroorsaak? Steve Silberman verwys na "die perfekte kombinasie van faktore vir outisme-bewustheid" -- twee dokters wat 'n meer ontvanklike beskouing gebied het, 'n onverwagte oomblik in popkultuur en 'n nuwe kliniese toets. Om egter regtig te verstaan, moet ons verder teruggaan na die Oostenrykse dokter Hans Asperger, wat in 1944 'n baanbrekerartikel gepubliseer het. Omdat dit verlore geraak het in tyd, is outisme sedertdien in 'n waas van wanbegrip gehul. (Hierdie toespraak was deel van 'n TED2015-sessie wat deur Pop-Up Magazine saamgestel is: popupmagazine.com of @popupmag op Twitter.)

Boyd Varty: Wat ek by Nelson Mandela geleer het

TEDWomen 2013

Boyd Varty: Wat ek by Nelson Mandela geleer het
1,730,475 views

"In die teater van die natuur sien ons die weerspieëling van die mooiste dele van onsself." Boyd Varty, ’n natuuraktivis, deel stories oor diere, mense en die bande wat hulle verbind, of "ubuntu" -- gedefinieer as: "Ek is, as gevolg van jou." En hy dra die praatjie op aan Suid-Afrikaanse leier Nelson Mandela, die vergestalting van groothartigheid en vrygewigheid.

Lisa Bu: Hoe boeke jou gees kan ontsluit

TED2013

Lisa Bu: Hoe boeke jou gees kan ontsluit
4,963,279 views

Wat gebeur wanneer jou kindsheiddroom ... nie waar word nie? Met haar aanpassing tot lewe in die Verenigde State van Amerika het Lisa Bu haarself aan boeke gewend om haar sienswyse te verbreed en 'n nuwe weg vir haarself te baan. Sy deel haar unieke benadering tot lees in hierdie lieflike, persoonlike praatjie oor die magiese krag van boeke.

ShaoLan: Leer om Sjinees te less ... met gemak!

TED2013

ShaoLan: Leer om Sjinees te less ... met gemak!
4,781,742 views

Dis ’n moeilike taak vir buitelanders om Sjinees te leer. Maar om die mooi, soms komplekse karakters van geskrewe Sjinees te leer lees kan makliker wees. ShaoLan werk deur ’n eenvoudige les om die idees agter die karakters en hul betekenisse te erken -- om van ’n paar eenvoudige vorms tot komplekser konsepte op te bou. Noem dit Chinamaklik.

Steven Addis: 'n Pa-dogter band, een foto op 'n slag

TED2012

Steven Addis: 'n Pa-dogter band, een foto op 'n slag
1,553,695 views

Lank gelede het Steven Addis op 'n straathoek in New York gestaan met sy 1-jarige dogter in sy arms; sy vrou het 'n foto van hulle geneem. Die afbeelding het 'n vader-dogter ritueel inspireer, waartydens Addis en sy dogter vir dieselfde foto poseer, op dieselfde straathoek, elke jaar. Addis deel 15 kosbare foto's uit die reeks en verken hoekom hierdie klein, herhaalde ritueel van soveel betekenis is.

Jessi Arrington: Nuwe klere dra? Nog nooit nie!

TEDActive 2011

Jessi Arrington: Nuwe klere dra? Nog nooit nie!
1,446,874 views

Jessie Arrington, ’n ontwerper, het net sewe stelle onderklere vir TED gepak en die res van haar klere in tweedehandse klerewinkels rondom Los Angeles gekoop. ’n Kleurvolle kreatiewe oefening in bewuste verbruik.

Hans Rosling: Die towerwasmasjien

TEDWomen 2010

Hans Rosling: Die towerwasmasjien
2,973,428 views

Wat was die grootste uitvinding van die Industriële Rewolusie? Hans Rosling beweer dis die wasmasjien. Met nuwe Gapminder grafieke wys Rosling vir ons die towerkrag wat verskyn wanneer ekonomiese groei en elektrisiteit ’n vervelige wasdag in ’n intellektuele leesdag verander.

Kom ons gebruik video om opvoeding te herontwerp

TED2011

Kom ons gebruik video om opvoeding te herontwerp
5,578,134 views

Salman Khan praat oor hoe en waarom hy die merkwaardige Khan Akademie, 'n noukeurig gestruktureerde reeks van opvoedkundige video's wat volledige kurrikula in wiskunde, en nou ander vakke bied, geskep het. Hy wys die krag van interaktiewe oefeninge en versoek onderwysers om die tradisionele klaskamer draaiboek op sy sy te draai -- gee studente video lesings om by die huis te kyk en doen "huiswerk" in die klaskamer met die onderwyser beskikbaar om te help.

Gever Tuelly bied lewenslesse aan deur knutselwerk

TED2009

Gever Tuelly bied lewenslesse aan deur knutselwerk
1,292,811 views

Gever Tulley gebruik aangrypende foto's en video-opnames om die waardevolle lesse wat kinders by sy Knutselwerkskool leer te demonstreer. Wanneer hulle toegerus word met gereedskap, materiale en leiding ken hierdie jong verbeeldings geen perke nie en kreatiewe probleemoplossing neem oor om unieke bote, brûe en selfs ’n tuimeltrein te bou.

Arthur Benjamin se formule vir beter wiskunde opleiding

TED2009

Arthur Benjamin se formule vir beter wiskunde opleiding
2,625,810 views

Daar's altyd iemand wat die wiskunde onderwyser vra: "Gaan ek ooit integrasie rekenkunde in die regte lewe gebruik?" En volgens Arthur Benjamin is die antwoord vir die meeste van ons "nee". Hy maak 'n uitdagende voorstel vir hoe om wiskunde relevant te maak in die digitale era.

Richard St. John: "Sukses is ’n voortdurende reis"

TED2009

Richard St. John: "Sukses is ’n voortdurende reis"
4,347,745 views

In sy kenmerkend opregte styl, herinner Richard St. John ons dat sukses nie ’n eenrigtingstraat is nie, maar ’n voortdurende reis. Hy gebruik die storie van sy besigheid se opkoms en bykanse ondergang om ’n waardevolle les toe te lig -- wanneer ons ophou probeer, misluk ons.

Kevin Surace vind omgewingsvriendelike pleisterbord uit

TED2009

Kevin Surace vind omgewingsvriendelike pleisterbord uit
389,615 views

Kevin Surace stel voor dat ons basiese konstruksiemateriale -- soos die bekende pleisterbord -- heroorweeg, sodat ons die reuse koolstof-voetspoor wat deur die vervaardiging en konstruksie van ons geboue gegenereer word, kan verklein. Hy stel EcoRock bekend: ’n skoon, herwinbare en energie-doeltreffende pleisterbord, geskep deur sy span by Serious Materials.

Jay Walker oor die wêreld se Engelsmanie

TED2009

Jay Walker oor die wêreld se Engelsmanie
4,750,949 views

Jay Walker verduidelik hoekom twee miljard mense regoor die wêreld Engels probeer leer. Hy wys foto's en speel prikkelende klankopnames van Sjinese studente wat Engels -- "die wêreld se tweede taal" -- oefen by die duisende.

Hans Rosling: Insigte in MIV deur indrukwekkende databeelde

TED2009

Hans Rosling: Insigte in MIV deur indrukwekkende databeelde
1,174,291 views

Hans Rosling onthul nuwe databeelde wat die komplekse risikofaktore van een van die wêreld se dodelikste (en mees misverstaande) siektes -- MIV -- duidelik maak. Hy voer aan dat die voorkoming van oordrag -- nie medisinale behandeling nie -- die sleutel tot die beëindiging van die epidemie is.

Benjamin Zander: musiek en passie

TED2008

Benjamin Zander: musiek en passie
13,160,338 views

Benjamin Zander het twee aansteeklike passies: klassieke musiek en om almal se liefde daarvoor te ontwikkel - en terselfdertyd om ons aptyt vir alle nuwe moontlikhede, ervarings en verwantskappe te wek.

Alisa Miller: Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring

TED2008

Alisa Miller: Hoe die nuus ons wêreldbeeld verwring
2,182,143 views

Alisa Miller, hoof van "Public Radio International", praat oor hoekom -- ten spyte van ons behoefte om meer oor die wêreld te weet as ooit tevore -- die Amerikaanse media eintlik minder daarvan wys. Insiggewende statistiek en grafieke.

Stewart Brand gesels oor plakkerskampstede

TED2006

Stewart Brand gesels oor plakkerskampstede
1,098,442 views

Wêreldwyd verlaat mense hulle plattelandse blyplekke by die biljoene en stroom na stede om in wemelende plakkerskampe en krotbuurte te gaan bly. Stewart Brand sê dis 'n goeie ding. Hoekom? Vind uit in drie minute.

Richard St. John se 8 geheime van sukses

TED2005

Richard St. John se 8 geheime van sukses
14,410,517 views

Hoekom is mense suksesvol? Is dit omdat hulle slim is? Of is hulle net gelukkig? Nie een nie. Ontleder Richard St. John pers jare se onderhoude saam in ’n onmisbare 3-minute aanbieding oor die ware geheime van sukses.